Hoërskool Ermelo hokkiespelers in Mpumalanga-spanne
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo is trots op dogtershokkie se Provinsiale-spelers. Die Erries is trots om vanjaar tien Provinsiale-spelers vir dogtershokkie op te lewer. Hierdie dogters is deel van die Mpumalanga-oefengroep. In die o.14-oefengroep is Janeske Janse van Rensburg en Miané Swanepoel. J’Lee Willemse, Elisca Lotz, Diani Jacob, Thalita Cronje en Elané Nel is deel van die o.16-oefengroep. Die Erries in die o.18-oefengroep is Mia Steenkamp, Inge Greyling en Jaclyn Venter. Die spanne waarin die dogters gaan speel, word bepaal tydens die oefennaweek en sal later bekend gemaak word. Baie geluk aan elke dogter! EHS is trots op wat jul bereik.

(Voor vlnr): Elané Nel, Jaclyn Venter, J’Lee Willemse, Janeske Janse van Rensburg en Miané Swanepoel (Agter vlnr): Inge Greyling, Mia Steenkamp, Elisca Lotz, Thalita Cronjé en Diani Jacob
EHS-seunshokkiespelers gekies vir MPU-oefengroep. Die Erries is besonder trots op vier van Hoërskool Ermelo se hokkieseuns wat in Mpumalanga-oefengroepe ingesluit is: Nathan Herbst en Jannie Jacobsz is in die o.14-oefengroep ingesluit en Armand Coetzer en Stiaan van den Heever is in die o.16-oefengroep ingesluit. Op 27 en 18 April vind die oefenkamp plaas, waartydens die finale Mpumalanga-spanne gekies word. Baie sterkte, Erries! Julle maak EHS trots.

(vlnr): Jannie Jacobsz, Nathan Herbst, Stiaan van den Heever en Armand Coetzer









