Hoërskool Ermelo leerders gekies vir MPU-oefenspanne
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo leerders gekies vir MPU-oefenspanne. Baie geluk aan die volgende dogters wat gekies is as deel van die Mpumalanga-dogtershokkie oefengroep: In die o/14-groep is dit Marlioné Erasmus, Elizca Lotz, Danisia Badenhorst, Talitha Cronje en Sunick Badenhorst. J’Lee Willemse is gekies vir die o/16-groep en Mia Steenkamp, Jaclyn Venter en Inge Greyling is gekies vir die o/18-groep. Die Erries is trots op dié hokkiedogters en wens elkeen ‘n lekker ervaring toe.
![]()
Op Donderdag 28 April het die tweede ronde Mpumalanga seunshokkieproewe plaasgevind. Armand Coetzer en Stiaan van den Heever is gekies vir die o/14 Mpumalanga-oefengroep en Edrich Beyer is gekies vir die o/18 Mpumalanga-oefengroep. Die A- en B-spanne word op ‘n later stadium gefinaliseer, maar EHS is reeds besonder trots op die seuns. Mag dié vir elkeen ‘n leersame ervaring wees.
![]()










