Hoërskool Volksrust Puk 16 finaal uitslae
ADVERTISEMENT
Die jaarlikse Puk 16 finaal het plaasgevind 21 tot 22 April 2023, by NWU in Potchefstroom. Op Vrydag 21 April het Hoërskool Volksrust se golf, netbal en seunshokkie gespeel. Die netbal het uitstekend gevaar en die o.16 netbal wen Wolmaranstad 23-6. Volkies se gholfspan eindig 5de uit 16 skole – dit was ʼn puik vertoning deur die golfers. Volkies se eerste seunhokkie span het geskiedenis gemaak en in die finaal gespeel, waar hulle toe as naaswenners uit die stryd tree.
Dit was briljante hokkie. 22 April het die dogtershokkie en rugby puik gespeel. o.14, o.16, 2de span en 1ste span hokkie is plaatwenners van die Puk reeks en die o.15 span het die Puk finaal gewen en eindig nommer 1! Baie geluk aan al die afrigters met die puik uitslae in al die sportsoorte! Volkies sien baie uit na die liga wat op 6 Mei begin.










