Hoërskool Zwartkop presteer by die 76ste SANAA Nasionale Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop presteer by 76ste SANAA Nasionale Kampioenskappe. Hierdie skuts het puik prestasies gelewer tydens die 76ste SANAA Nasionale kampioenskappe waar lande soos Suid-Afrika, Namibië, Kenya en Zimbabwe meegeding het.
- Megan Kritzinger (oud-Zwarrie) wen goud in Compound vroue o.21.
- Maruzaan Venter wen silwer in Compound dogters o.18 en silwer in Compound o.18 gemengde span.
- Mieke Pelser is 5de in Recurve dogters o.18 en wen silwer in Recurve o.18 gemenge span.
- Mia Kritzinger is 6de in Recurve dogters o.18 kompetisie.
- Liam Groenewald is 4de in Compound seuns o.18 kompetisie.
- Juffrou Lindry Hanekom wen silwer saam met die Gauteng Recurve se vrouespan.
- Afrigter Shaun Anderson wen silwer vir Compound Men Open in die gestremde atleet afdeling.










