Hoër Landbouskool Marlow leerders presteer by die Bloemfontein Metaalsilhoeëtskiet
ADVERTISEMENT
13 van Hoër Landbouskool Marlow skuts het na Bloemfontein vertrek om aan die Bloemfontein metaalsilhoeëtskiet vereniging se ope deel te neem. Die weer was baie snaaks en die Ramme moes van uiterste hitte tot stortreën en erge wind trotseer met koue oggende ook nog. Die 13 skuts het 13 goue medaljes, 13 silwer medaljes en 10 brons medaljes verower.
Die span het ook 6 algehele eerste, 1 tweede en 6 derde plekke verower. Algehele plek beteken dat die juniors die senior manne stof in die oë geskiet. Sewe van ons skuts het ook Protea breekpunte behaal. Spesiale melding moet van Charlie-Benn van Schalkwyk (Happies) gemaak word wat vier algehele eersteplekke losgeskiet het.
Agter vlnr: JD Dorfling (Sagrys), Ruben Schmidt (Piston), Franco Wagenaar (Reier), Frans Marx (Merino), Charlie-Benn van Schalkwyk (Happies), Gary Marx (Sappie), De Wet Erasmus (Dorper), Jano Nortje (Mol)
Voor vlnr: Niel Scheepers (Hilux), HB Siebert (Rattex), Jacobus van Zyl (Spaza), Brenden Boshoff (Rinkhals)










