Gene Louw Hokkiespanne gaan van krag tot krag
ADVERTISEMENT
Gene Louw se o.13A seuns- en meisieshokkiespanne het die afgelope week ‘n uitstekende seisoen tot ‘n hoogtepunt gebring. Die seunspan is aangewys as die algehele wenners van hul liga en die meisies het die tweede plek in hul liga opgeraap. Hierdie twee spanne sal in September aan die WP Topskoletoernooi in Hartleyvale deelneem.
Albei spanne het ook laas naweek skoonskip gemaak tydens die Ipic Play Sportdag teen Durbanville Laer. Die seuns het met ʼn briljante oorwinning van 4-0 weggestap en die meisies met 2-0.
Ons sien uit om te sien wat hierdie spanne by Topskole gaan vermag!
![]()
Hokkie eerste span meisies 2022
Hokkie eerste span seuns 2022










