Laerskool Fontainebleau kultuur leerders steel die kollig
ADVERTISEMENT
Laerskool Fontainebleau Kultuur uitslae
Baie geluk aan Christiaan Grobler wat tydens die Kollig Kunstefees: Sang in al vyf sy items ’n plek onder die Top 10 behaal het! Christiaan is ook aangewys as die ALGEHELE WENNER van die sang-afdeling.

Christiaan Grobler
Fontie leerder aktrise in wording – eersdaags deel van Kortfilm Op Kyknet
Dit is vir ons ’n groot voorreg dat een van ons gr. 7 leerders, Milan van Jaarsveld, uit duisende deelnemers gekies is om deel te wees van die Speeltoneel kortfilm projek saam met ABS Produksies onder leiding van Anthonie Bougas. Dit is ‘n 4 maande kursus saam met akteurs soos Desire Gardner, Vilje Maritz en Izak Davel. Die kortfilm gaan einde van die jaar op Nasionale televisie uitgesaai word onder die naam “Begrawe my hart” waarin Milan die rol van Matilda speel. Ons sien uit om jou op nasionale televisie te sien Milan! Fonties is trots op jou!

Milan van Jaarsveld
Kollig Kunstefees: Dans
Baie geluk aan Mieke van Westing wat as algehele wenner aangewys is van die Kollig Kunstefees Dans afdeling. Mieke het haar hart uit gedans en verdien beslis om as wenner weg te stap. Ons is trots op jou Mieke!

Mieke van Westing









