Die Hoërskool Wonderboom leerders behaal besonderse prestasie in Kultuur
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Wonderboom het met trots deelgeneem aan die afdeling Kuns by die Centurion Kunstefees. Ons leerders het besonderse prestasies behaal:
- Sharika van der Merwe – Fotografie (Graad 9): A+
- Mila Jacobs – Skilderkuns (Graad 10): A+
- Danica Pretorius – Skilderkuns (Graad 9): A
Daarbenewens het Danica Pretorius ook in die afdeling vir Beeldhouwerk uitgestaan, waar sy as Kategoriewenner aangewys is met haar werk “My ma se handsak.” Dit is die tweede jaar wat sy hierdie afdeling wen – ’n besondere prestasie wat ons harte met trots vul! Baie geluk aan elke deelnemer julle toewyding en talent is ’n inspirasie.












