Laerskool Noord-Eind kultuur prestasies
ADVERTISEMENT
Kultuur
Lizé Engels, Gr. 4 leerder van Laerskool Noord-Eind, het aan TALENT AFRICA se danskompetisie-afdeling deelgeneem.
Sy het ‘n solo en groep kontemporêre dans-item gelewer en met beide items na die Nasionale Kompetisie (SA’s), wat Oktober in Kaapstad plaasvind, deurgedring.
Paarl Vallei Eisteddfod
Gabriella van Zyl het by die PVE gala-aand ‘n toekenning ontvang vir die mees belowende jong vioolspeler. Sy het uitstekkend presteer by die PVE. Baie geluk Gabriella, ons is baie trots op jou!
Baie geluk aan Imke Punt en Lizé Engels wat by die PVE gala-aand spesiale vermelding gekry het vir hul tweespraak waarvoor hul Cum Laude en 100% ontvang het.
Ons is baie trots op hulle!
Lizé Engels.
Imke Punt en Lizé Engels.
Gabrielle van Zyl.










