Laerskool Lynnwood atlete neem deel aan die Suid-Afrikaanse Landloop kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Vir die 2025 seisoen het nege van ons Lynnie-atlete gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse landloop kampioenskappe te Middelburg. Isabelle Barnard (o/8), Elizabeth de Beer (o/9), Charlotte Oelofsen (o/9), Lemay van der Westhuizen (o/10), Lynicke Pienaar (o/10), Lianka Palm (o/10), Zanelle Geertsema (o/11), Matthew Gavinn(o/11) en Malan Strijdom (o/11) het die Hoëveld se wind trotseer en stofspore op daardie dag agter gelaat! Geluk aan Lemay van der Westhuizen met haar 9de plek in die 2 kilometer vir o/10 dogters!


















