Hoërskool Brackenfell spog met ‘n ambassadeur vir Allegretto
ADVERTISEMENT
Hoërskool Brackenfell is verskriklik trots op Sebastiaan Huyshamer wat hierdie afgelope naweek aan die Allegretto Eisteddfod se Nasionale rondte in Stilbaai deelgeneem het. Hy het uitsonderlike prestasies behaal.
- Dubbel Goud vir voorbereide Lees (A++)
- Dubbel Goud vir Redenaars (A++)
- Sebastiaan is ook aangewys as ‘n Ambassadeur vir Allegretto en het die CEO- toekenning (medalje) hiervoor verwerf.
Hy is nie net ‘n ambassadeur vir Allegretto nie, maar was beslis ook ‘n ambassadeur vir Hoërskool Brackenfell op wie ons kan trots wees.









