Kanna-benoeming vir Curro Mosselbaai leerder
ADVERTISEMENT
Kanna-benoeming vir Rylan Lemmetuis! Curro Mosselbaai is ongelooflik trots op jou, Rylan Lemmetuis! Hierdie talentvolle Graad 8-leerder is pas benoem vir ’n Kanna-toekenning na afloop van die KKNK-fees — ’n prestasie van formaat! Rylan is benoem in die kategorie “Beste opkomende kunstenaar of nuweling” vir sy uitstaande spel in die produksie BeHOORLIK. Baie geluk, Rylan! Ons staan bankvas agter jou en sien groot dinge vir jou toekoms!











