Skitter SACOPA prestasie vir Die Hoërskool Brandwag
ADVERTISEMENT
Lienke-Mari Strydom het gedurende die Julie-vakansie aan die SACOPA (South African Championships of Performing Arts) se uitdunronde deelgeneem en met trots haar Oostelike Provinsie-kleure ontvang! Sy het gekwalifiseer om die Oos-Kaap later vanjaar in Rustenburg te verteenwoordig tydens die nasionale kampioenskappe. Die Hoërskool Brandwag is ongelooflik trots op jou, Lienke-Mari! Dra die Band van Grys en Groen en die Oos-Kaap se kleure met trots en passie!










