Hoër Volkskool swemmers presteer by die Infinity Gala
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het drie van Hoër Volkskool se top swemmers aan die Infinity Gala te Gqeberha deelgeneem. Dit was ‘n groot gala met swemmers sover as Oos-Londen wat deelgeneem het.
Die leerders het as volg presteer:
- Charl Conradie het aan agt items deelgeneem en in een item sy persoonlike beste tyd verbeter.
- Chris de Wet het aan 5 items deelgeneem en in 3 items sy persoonlike beste tye verbeter. Hy kon ongelukkig nie die gala voltooi nie, as gevolg van ‘n besering.
- Kate-Lynn Kruger het aan 8 items deelgeneem en in 6 items haar persoonlike beste tye geswem.
Kate-Lynn Kruger en Charl Conradie, afwesig: Chris de Wet










