Hoërskool Zwartkop swemmers presteer by Interhoër
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop se swemmers het vanjaar goeie prestasies tydens die interhoër swemkompetisie verkry. Verskeie medaljewenners is aangewys. Die Zwarries het ‘n totaal van 36 medaljes op die dag ingepalm waarvan 11 goud, 9 silwer en 16 bons is.
Marius van Rooyen kry goud in die seuns o.15 vlinderslag. Jana Vorster het ‘n goud in beide die 100m vryslag en 50m vlinderslag in die dogters o.14 wedlope losgeswem. Xandri Fourie presteer deur twee goue medaljes in die 200m en die 100m vryslag te kry. Kornel Smith kry goud in die seuns o.19 100m borsslag en Chris Smith spog met twee goue medaljes in die 100m vryslag en 100m borsslag vir seuns o.16. J.D. Venter is nog ‘n gouemedaljewenner in die seuns o.16 100m rugslag item. Die uitblinkers op die dag is egter Benjamin Lindeque wat ‘n nuwe rekord in die seuns o.19 50m vlinderslag opgestel het in ‘n tyd van 25.97s. Laastens spog James Smith met sy nuwe rekord van 59,80s in die seuns o.19 100m vlinderslag.
Die Zwarrie-swemspan groei elke jaar ten spyte van die feit dat Hoërskool Zwartkop nie ‘n swembad het nie. “Baie van ons swemmers is lede by verskillende swemklubs in Pretoria” sê die swemorganiseerder, mnr. Kevin Jackson. Jana Vorster (o.14) en Xandri Fourie (o.15) is twee juniorsmeisies wat gerus dopgehou kan word. Mnr. Jackson verwag ook groot dinge van Marius van Rooyen, D.J. Bester, J.D. Venter en Chris Smith.

Sweminterhoër medaljewenners Links Na Regs Agter: James Smith, Kornel Smith, Jason Jones, Benjamin Lindeque
Middel: Stefan van Jaarsveld, Chris Smith, Xandri Fourie, Ashley vd Westhuizen, Migael Lindeque, JD Venter
Voor: Zante vd Merwe, Caitlynn Schellingerhout, Jana Vorster, Johane jv Rensburg, Bridget vd Westhuizen, Leney Ferreira, Marius van Rooyen









