Leerders verteenwoordig die HS Zwartkop by Junior Stadsraad
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop is trots op Morné Kruger wat verkies is as die nuwe verteenwoordigende graad 10-raadslid van die Junior Stadsraad van Pretoria. Die Junior Stadsraad is ‘n nie-winsgewende jeugorganisasie wat verskeie liefdadigheidsorganisasies ondersteun en die jeug ‘n geleentheid bied om te deel aan hierdie uitreike.
Morné Kruger neem oor by uittredende lid, Lourens Nel. Lourens neem weer by C.J. Oberholzer oor en bekleë die voorsittersamp van die graad 11-raad vir 2022. Hierdie groep is verantwoordelik vir die aanbied van die jaarlikse KREEF-dag (Klere, Rokkies En Enige Frokkies). Dié KREEF-dag winste is ten bate van Choc en die Gracia-kinderhuis. Morné sal Hoërskool Zwartkop se graad 10-raadslid verteenwoordiger vir die termyn van 2022/2023 wees.
Morné se visie vir sy ampstermyn is om ‘n uitstalvenster vir Hoërskool Zwartkop en al sy waardes te wees. Hy wil sy mede Zwarries inspireer en motiveer om meer by liefdadigheid betrokke te raak om ten einde ‘n groter impak op die omgewing en samelewing te hê. Om hierdie te bemag, gaan hy die Zwarries bewus maak van die verskeie liefdadigheidsaksies waarby hulle betrokke kan raak. Vir Morné is dit belangrik dat die Zwarries bewus is van die impak van liefdadigheid. Sy doelwit is om elke Zwarrie betrokke te kry by liefdadigheid ten einde sy visie te realiseer. Morné kry sy inspirasie by Moeder Theresa en haal die volgende aan: “Never worry about the numbers. Help one person at a time and start with the person nearest you.”

Morné Kruger (links) Lourens Nel (regs)









