Laerskool Hennopspark se swemmers het hul merk gemaak op nasionale vlak
ADVERTISEMENT
Laerskool Hennopspark se swemmers het hul merk gemaak op nasionale vlak deur uitsonderlike prestasies te behaal in die 2024 National Swimming Ranking. Die skool se kaalvoetkinders het hul talente gewys en verskeie topposisionerings behaal.
Martin Rabie het uitgestaan met sy indrukwekkende prestasies:
- 50m Rugslag – Goud
- 100m Rugslag (SA Rekordhouer) – Goud
- 200m Rugslag (SA Rekordhouer) – Goud
- 200m Individuele Wisselslag – Silwer
Niel van Deventer het ook sterk vertonings gelewer:
- 100m Vlinderslag – Goud
- 50m Vlinderslag – Silwe
- 100m Individuele Wisselslag – Silwe
- 800m Vryslag – Silwer
- 400m Vryslag – Brons
- 4de in 100m Rugslag en 200m Rugslag
- 5de in 100m Vryslag, 200m Vryslag, en 50m Rugslag
Jeannemie Pretorius het 11de in 200m Rugslag en 19de in 100m Rugslag geëindig, terwyl Mighael Minnie 18de plek behaal het in die 50m Rugslag.
Alexi Claassen het ook sterk presteer met die volgende resultate:
- 100m Vlinderslag – Silwer
- 100m Rugslag – Silwer
- 200m Rugslag – Silwer
- 50m Rugslag – Brons
- 4de in 400m Vryslag
- 5de in 200m Individuele Wisselslag
- 16de in 50m Vlinderslag
Ruan Kooi het tans die derde posisie in die ranglys vir O.13 seuns in die 1500m Vryslag oopwater.










