Uitstaande swemprestasie vir Hoërskool Stellenbosch leerder
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Seruby van Tromp met ’n ongelooflike vertoning by die Level 3 swemgala in Oos-Londen! Sy neem aan 7 items deel en behaal:
- 3 Goue medaljes
- 2 x 4de plekke
Op Level 3-vlak in swem is dit ’n werklik besonderse prestasie. Hoërskool Stellenbosch is ongelooflik trots op jou toewyding en harde werk!











