Groot oomblikke vir Hoërskool Parel Vallei atlete
ADVERTISEMENT
Selmarie Erasmus (gr. 11) het die Olimpiese atleet Caster Semenya by die ASA Senior Kampioenskappe ontmoet, maar dit was slegs één van die dag se groot oomblikke…Ten spyte van gietende reën het sy ’n uitstekende tyd van 10:43.49 in die 3000m hindernis aangeteken het derde oor die eindstreep getree. Om ’n brons medalje by hierdie byeenkoms – waar die beste Suid-Afrikaanse mans en vroue meeding – te verower, is ’n besonderse prestasie. Veels geluk, Selmarie!

Sy was een van twee Hoërskool Parel Vallei-atlete wat verlede week by hierdie byeenkoms was: Karmi Karsten (gr. 10) het aan die hoogspring vir senior vroue deelgeneem. Ongelukkig het ’n lang stortbui uitgesak en Karmi se pogings belemmer, maar sy kon uiteindelik met ’n hoogte van 1.60m tiende eindig. Welgedaan, Karmi – dit is steeds puik! Daar lê nog een byeenkoms vir sewe van ons atlete voor wanneer die SA Skole-atletiekkampioenskappe aan die einde van April in Pretoria plaasvind. Baie sterkte aan dié atlete:

- Katie Brink (gr.
- Rose Murphy (gr.
- Lillie Paquet (gr. 9)
- Hosea Trollip (gr. 9)
- Emma du Toit (gr. 10)
- Karmi Karsten (gr. 10)
- Selmarie Erasmus (gr. 11)
Foto’s: Verskaf










