Hoërskool Despatch oudskoliere deel van die Telkom Netbalreeks
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Despatch se oudskoliere wat deel is van die Telkom Netbalreeks!
- Bianca Blom en Sibulele Mandeka – Oos-Kaap Comets
- Rezé Coetzer – North West Tshukudu
- Anke Britz en Joné Lucas – Oos-Kaap Aloes
Julle harde werk, toewyding en passie vir die spel dra steeds vrugte. Julle is ’n inspirasie vir ons jonger spelers en ’n bewys van wat moontlik is met deursettingsvermoë. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle – hou aan skitter en dra die skool se naam met trots!
















