Die Hoërskool Brandwag leerders kwalifiseer vir die SA Equipped Kragoptel Protea-span
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Kobie Mellet en Alan de Beer van Die Hoërskool Brandwag met hul uitstaande prestasies by die SA Equipped Kragoptel-kampioenskappe! Beide Kobie en Alan het goue medaljes in hul onderskeidelike kategorieë verower en is boonop aangewys as die beste sub-juniors by die kampioenskappe – ’n besondere prestasie.
Albei het ook gekwalifiseer vir die SA Equipped Kragoptel Protea-span.

















