Gelofte Skool leerder presteer in kragoptel
ADVERTISEMENT
Gelofte Skool leerder Mia Breytenbach in graad 11 het KZN verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir “Powerlifting” in Johannesburg.
Sy is aangewys as die nuwe nasionale kampioen in haar afdeling en het ‘n goue medalje verwerf. Sy het dus haar Protea/ Suid-Afrikaanse kleure verwerf.
- Sy gaan Suid-Afrika verteenwoordig in die Wêreld Kampioenskappe in September by Sun City.
- Mia sê dit is ‘n groot eer en alles is te danke aan God se ongelooflike genade en seën.
- Baie geluk Mia, ons wens jou alle voorspoed toe! Dis ‘n pragtige prestasie.
Foto’s geleen.













