Laerskool Rustenburg boogskiet presteer by Vastrap
ADVERTISEMENT
Laerskool Rustenburg boogskiet presteer by Vastrap! Larries boogskiet het Saterdag, 4 Junie ’22 aan die Vastrap interskole boogskietkompetisie by Laerskool Vastrap deelgeneem. Ons Larrieskuts het hul mooi van hul taak gekwyt en pragtig presteer in die primêre afdeling. Die eerstespan het met die eerste plek weggestap in die primêre afdeling met’n pragtige telling van 3193 uit 3600 en is aangewys as Vastrap interskole primêre kampioene vir 2022. Dit is ook hulle hoogste telling vir die jaar tot dusver. Ons Larries boogskietspan het weer pragtig presteer en ons baie trots gemaak.
Larries se seunsskuts het 4 en dogterskuts het 5 uit die beste 10 plekke ingeneem. Skuts wat baie goed presteer het, was Hannes Bothma (vierde plek onder die primêre seunskuts met ‘n telling van 277 uit 300), Jan-Hendrik Rudolph (vyfde plek onder die primêre seunskuts met ‘n telling van 273 uit 300), Melandie Swart (vierde plek onder die primêre dogterskuts met ‘n telling van 268 uit 300) en Bernise Homan (vyfde plek onder die primêre dogterskuts met ‘n telling van 268 uit 300).Ons is sommer baie trots op AL die lede van ons boogskietspanne wat ons naam so hoog hou!

2 de Ry: Stefan Flemming, Jan-Hendrik Rudolph, Melandie Swart, Danika Weitsz, Elnandré Richter, Ethan Austen. 1 ste Ry: Hannes Bothma, Bernise Homan, Megan van der Westhuizen, Paisley Thurley, Nathan Strydom. Afwesig: Clerise Botha.









