Laerskool Stulting Primary boogskiet skut skiet ‘n skitter skoot
ADVERTISEMENT
Laerskool Stulting Primary leerder Arnoux het Saterdag, 2 Maart, aan die Tiger Club Archery kompetisie deelgeneem waar hy 249/300 geskiet het en 2de plek verower het. Op die selfde dag het hy aan die HTS Daniël Pienaar Archery kompetisie deelgeneem en 257/300 geskiet waar hy 1ste plek verower het. Welgedaan met jou pragtige prestasie, Arnoux! Ons is baie trots op jou!










