Hoër Volkskool leerder het deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Tweekamp Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hannes van der Merwe, gr 10-leerder van Hoër Volkskool, het die afgelope naweek aan die Suid Afrikaanse Tweekamp Kampioenskappe te Bloemfontein, deelgeneem. Hy het die Oostelike Provinsie in die o.17-afdeling deelgeneem. Die hardloop-afdeling het by die Mangaung-stadion plaasgevind en Hannes het die 800m in ‘n van 2:15 voltooi. Daarna was die swem-afdeling by die Mangaung Stadion-swembad aangebied. Sy tyd vir die 100m was 1:10, wat ‘n persoonlike beste vir hom is. Hannes het algeheel 23ste uit 61 atlete in sy ouderdomsgroep geëindig. Baie geluk! Ons is trots op jou!











