Boogskiet Nasionale titel vir Hoërskool Langenhoven leerder
ADVERTISEMENT
Hoërskool Langenhoven is besonder trots op Clarissa Steenekamp wat uitstekend presteer het tydens die South African National Archery Championships, wat van 27 tot 29 Maart in Johannesburg plaasgevind het.
Dit was Clarissa se eerste deelname aan ’n nasionale kampioenskap, en sy het ’n merkwaardige prestasie behaal deur eerste plek te verower en as die Suid-Afrikaanse Onder-18 Compound Vroue Kampioen gekroon te word. Sy het ook die Wes-Kaap verteenwoordig in die Onder-18 Compound Mixed Team, waar die span ’n goue medalje vir die provinsie verower het. Hierdie prestasie getuig van Clarissa se talent, dissipline en volgehoue toewyding aan die sport.










