Laerskool Vastrap boogskiet skuts maak geskiedenis
ADVERTISEMENT
Laerskool Vastrap is na die AGA SA Nasionale Boogskietkampioenskappe op 10 Oktober in Polokwane as nasionale wenners vir laerskoolspanne in Suid-Afrika aangewys. Dis ‘n eerste vir Vastrap!
Geluk aan ons top 12-skuts:
- Gerhardt du Toit
- Christiaan van Rooyen
- Tiana de Roer
- Kaylene Flowers
- Armand Jacobs
- Layton van Rooyen
- Laché Swanepoel
- Mia Kroese
- Kaitlynn Richards
- Luandré de Jager
- Jacques von Brandis
- Eliané Kleynhans
Vastrap spog ook met puik individuele uitslae:
- Wandré Bekker: Eerste in die Cub-afdeling BE
- Gerhardt du Toit: Tweede vir laerskole algeheel in 3D
Graadprestasies:
- Gerhardt du Toit (gr. 5): Tweede BE
- Tiana de Roer (gr. 6): Tweede
- Kaylene Flowers (gr. 6): Derde






















