Laerskool Vredendal leerders skitter in kwartaal 3
ADVERTISEMENT
Netbal: Laerskool Vredendal se o.13 Netbalspan neem 8 – 11 Augustus deel aan die SASN Topskole in Boksburg. Hulle eindig 8ste in die hele Suid-Afrika.
![]()
7’s Rugby: Rudolph Burger en Juhancion Benn behaal die o.13B Boland 7’s span.
![]()
Rugby:Chanville Zaal, Tyron Oncke en HW Anthonissen behaal 0.12B Boland rugbyspan.
Tennis: Imke Geldenhuys en Hanna de Wet het Boland-tennis verteenwoordig tydens ‘n toernooi teen WP. Hierdie 2 meisies het al hulle wedstryde teen WP gewen.
Kultuur: WOW Spelfees- Rossouw Wessels neem op 9 September deel aan die Provinsiale WOW-spelfees deel in Stellenbosch.










