Hoërskool Parel Vallei is trots op hul skopboks kampioen
ADVERTISEMENT
Hoërskool Parel Vallei leerder Reuben Venter het die naweek (3–5 April) sy land verteenwoordig by die RCFA (Ring Contact Fighting Arts) Wêreldkampioenskappe in Gauteng. Hy het as wenner in sy kategorie (Semi Contact Low Kicks) geëindig en ’n goue medalje verower, ’n besonderse prestasie op die wêreldverhoog.










