Laer Volkskool Graaff-Reinet Skaakkampioenskappe uitslae
ADVERTISEMENT
Op 11 Junie 2024 is ‘n baie suksesvolle skaakdag o.l van Mev. H Rose Innes van Union High en Mev. K Basson van Laer Volkskool by Laer Volkskool aangebied. Alle Graaff-Reinet skaakleerlinge was uitgenooi om aan die Graaff-Reinet Skaakkampioenskappe deel te neem. 118 skaakspelers van o.7 tot o.19 het aan hierdie opwindende kompetisie deelgeneem en meegeding om die eerste plekke in elke ouderdomsgroep. Elke skaakspeler het 6 rondtes gespeel en in die finale rondte het die sterkstes teen die sterktes te staan gekom. Medaljes is aan die eerste 3 plekke in elke ouderdomsgroep oorhandig. Die skaakspelers was ingedeel in die volgende ouderdomdsgroepe: o.9, o.11, o.13, o.15, o.17, o.19. Baie geluk aan die Laer Volkskool skaakspelers wat uitstekende spel gelewer het.
Uitslag van die Laer Volkskool spelers:
o.9 Seuns:
- 4de Daneill du Plessis
- 3de Hardus Lötter
- 1ste Burger Slabbert
o.9 Dogters:
- 2de Marize Retief
- 1ste Elmaré Naudé
Medalje wenners o.9 gemeng:
- 3de Marize Retief
- 2de Burger Slabbert
- 1ste Elmaré Naudé
o.11 Seuns:
- 5de Gerrit Jordaan
- 2de Jurian Retief
o.11 Dogters:
- 3de Ilana Verwey
Medalje wenners o.11gemeng:
- 2de Jurian Retief
o.13 Seuns:
- 5de Samuel Pearson
o.13 Dogters:
- 1ste Janneke Conradie
o.15 Seuns:
- 4de Divan Erasmus
- 2de Tiaan Erasmus
o.15 Medalje wenners gemeng:
- 3de Tiaan Erasmus





















