Laerskool Gansbaai se skaakspelers het deelgeneem aan die “Overberg Close”-toernooi
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 8 Maart, het 42 van Laerskool Gansbaai se skaakspelers deelgeneem aan die “Overberg Close”-toernooi. Hulle het almal baie goed gevaar. ‘n Totaal van 26 Gansiespelers het hulle Overberg Skaakkleure verwerf. Die volgende twee leerders het 1ste plek verwerf in hulle onderskeie ouderdomsgroepe: Hanro Coetzer o.11-seuns en Danielle Stevens o.13-dogters. Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het. Ons is baie trots op julle!

















