Hoër Volkskool PEA Junie Wintergala uitslae
ADVERTISEMENT
Vanaf 15 – 18 Junie het die PEA swemklub een van die grootste Wintergala’s in Suid-Afrika aangebied. Hierdie gala is by die Newton Park Swembad te Gqeberha aangebied. Drie van Hoër Volkskool se swemmers het die aan dié gala deelgeneem, waar die 2024 Olimpiese swemmers vir die laaste keer deelgeneem het voor hul na Parys, Frankryk, vertrek vir die Olimpiese Spele.
- Chris de Wet het aan 9 items deelgeneem en het sy persoonlike beste tye in al sy items verbeter.
- Kate-Lynn Kruger het ook aan 9 items deelgeneem en in haar 220m Vryslag ‘n persoonlike beste tyd geswem. Sy het in twee van haar items merkwaardige vierde plekke behaal.
- Charl Conradie het aan ses items deelgeneem en in twee items sy persoonlike beste tye verbeter. Sy hoogtepunt van die gala was dat hy die 100m rugslag teen Pieter Coetze geswem het. Pieter Coetze is een van die Olimpiese swemmers wat tans die Afrika rekordhouer is vir 100m en 50m rugslag.
Tydens die gala is daar inspirerende praatjies gelewer en ook ‘n tydjie vir ‘n vraag en Antwoord sessie gemaak met die swemmers en Rocco Meiring, die Suid-Afrikaanse Olimpiese swemspan se afrigter.

Chris de Wet, Kate-Lynn Kruger en Charl Conradie

Pieter Coetze, Charl Conradie (HVS) en Matthew Sates, altwee Olimpiese swemmers









