Ongelooflike swem talent vertoon deur Laerskool Durbanville swemmers
ADVERTISEMENT
Ongelooflike swem talent vertoon deur Laerskool Durbanville swemmers. Milan Orchard en Anieka Louw het die ongelooflike eer gehad om aan die SANJ-kampioenskappe deel te neem in Durban tussen 21-25 Maart 2023. Milan Orchard het ‘n eerste plek in die 50m rugslag en 100m rugslag behaal en daarmee saam die WP rekord verbeter in beide hierdie twee items. Milan Orchard het ook ‘n eerste plek behaal vir 200m rugslag. Milan Orchard se aflosspan het in die vryslagaflos (4x50m) en vryslagaflos (4x100m) gewen en ‘n tweedeplek behaal in die wisselslagaflos(4x100m). Ons is baie trots op hierdie Durbie-swemmer wat in drie individuele items ‘n eerste plek in die land behaal het.
Anieka het ‘n 0.14 SANJ-tyd tydens die 800m vryslag geswem en kwalifiseer vir 2024 se nasionale gala. Sy behaal ‘n algehele 3de plek vir 0.12 800m Vryslag in Suid-Afrika.
van links na regs: Miland Orchard en Anieka Louw










