Laerskool Lochnerhof neem deel aan die Kobus Wiese Super Series toernooi
ADVERTISEMENT
Laerskool Lochnerhof se eerstespan het die vakansie deelgeneem aan die Kobus Wiese Super Series toernooi – en wat ’n ongelooflike ervaring was dit nie! Die span het met trots, deursettingsvermoë en ware spanwerk gespeel. Julle harde werk en passie op die baan maak ons ongelooflik trots! Baie geluk aan ons Spelers van die Wedstryd! Dankie aan elke speler, afrigter,ouer en ondersteuner wat hierdie toer moontlik gemaak het. Ons sien uit na nog groot dinge hierdie seisoen!














