Laerskool Hendrik Louw is trots op hul SA tennis kampioen
ADVERTISEMENT
Laerskool Hendrik Louw leerder Linja Erasmus het die afgelope 5 dae deelgeneem aan die Nasionale Tenniskampioenskappe in Bloemfontein. Na ses rondtes dring sy deur tot die finaal waar sy van die eerste afslaan af aggressief speel. Sy wen die finaal in skoon stelle met 6-1 en 6-3 waarna sy as die Suid-Afrikaanse kampioen vir 2026 gekroon word.
Linja beklee ook reeds sedert 1 Januarie 2026 die nommer 1 posisie op Tennis Suid-Afrika se ranglys vir dogters o.12. Baie geluk Linja, jou harde werk word beloon. Ons sien hoe jy in die oggend voor skool om 06h00 op die baan is om te oefen en hoe hard jy werk om jou ideaal te bereik. Ons is sommer baie trots op jou!!
![]()










