Vereeniging Gimnasium sport prestasies
ADVERTISEMENT
Ons kyk terug na die wintersport-seisoen van 2022 en deel graag Vereeniging Gimnasium se sport prestasies met trots.
Swem
Dandre Pretorius het by EGA Senior Winter Champs in Edenvale die 27 en 28ste Aug 2022 geswem en al die medaljes huistoe gebring.

Landloop
Kamo Thipe het silwer gewen met ‘n tyd van 29:40 op die 8km.

Die volgende landloop atlete is gekies om deel te neem in die Gauteng landloop kampioenskappe:
- Kamo Thipe
- Jaydrè Temm
- Vuyo Mcombolo
- Tumi Masilo
Krieket
Baie geluk aan die volgende seuns met hulle prestasies-
- o.15 Sedibeng Krieket JJ. Herbst
- o.16 Sedibeng Krieket Marnu Edwards
- o.19 Bokkieweek Krieket Zander Jonck
Goed, Beter, Gimnasium!











