Laerskool Durbanville se senior toneelgroep is aan die brand!
ADVERTISEMENT
Laerskool Durbanville se senior toneelgroep het op 22 Julie by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod se Toneelfees die volgende toekennings vir “Bloed is dikker as water” ontvang:
- Wian Carstens en Christoff Els: Beste ondersteunende akteurs
- Beste tegniese aspekte, beste regie EN beste produksie by die fees.
Hierdie toneelstuk was ook een van 26 skole wat by PV Playhouse Theatre in Somerset-Wes opgetree het as deel van die Parelvallei Teaterfees. Daarna word hulle genooi na die finaal op Saterdag, 27 Julie – as een van slegs twee laerskooltoneelstukke.
“Bloed is dikker as water” ontvang die volgende toekennings:
- Wian Carstens en Christoff Els: Beste ondersteunende akteurs
- Beste regie en beste produksie van die fees.










