Hoërskool DF Malan spog graag met leerder se Trinity-graad 8 klaviereksamen uitslae
ADVERTISEMENT
Hoërskool DF Malan spog graag met Rencha Hamman-Johnson, ‘n graad 12-leerder, wat 84% vir haar Trinity-graad 8-klaviereksamen behaal het. Sy ontvang al sedert graad 8 by me. Maré Nel klavieronderrig. Die spreekwoordelike kersie op die koek is dat sy in haar Unisa-graad 5-teorie-eksamen 95% behaal het. Graad 5-teorieklasse word deur me. Michéle de Villiers aangebied. Rencha, ons is baie trots op hierdie puik prestasies!









