Unisa Musiekuitslae
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende musiekleerlinge en oud-skoliere van LSAN, wat besondere uitslae in hul UNISA teorie-eksamens van 2023 behaal het.
Voorgraad 1:
- Sonja-Marie de Wet – 89%
- Karla Nel – 91%
- Frieda-Marie Labuscagne – 97%
- Elizna Peyper – 99%
Graad 1:
- Kara de Wet – 100%
- Josua Bothma – 100%
Graad 2:
- Annika de Wet – 95%
Graad 3:
- Meah Bothma – 98%

Leerlinge wat 95% en hoër behaal, verskyn op UNISA se ererol en verdien daarmee vol erekleure by Laerskool Aliwal-Noord. Hulle is Frieda-Marie Labuscagne, Elizna Peyper, Josua Bothma en Kara de Wet, wat ‘n hertoekenning ontvang. Ons beste wense vergesel ook ons oud-skoliere wat hierbo genoem word en ons glo dat hulle sal voortbou op dit wat hulle bereik het.
Namens Laerskool Aliwal-Noord ons opregte dank en hartlike gelukwense aan Me Samantha King wat privaat musieklesse in Aliwal-Noord aanbied. Dankie vir die geleentheid wat jy skep vir enige leerlinge van ons skool wat ‘n aanvoeling vir musiek het en graag hul talente in dié verband wil ontwikkel. Nogmaals geluk met jou leerlinge se puik prestasies.









