Skitter SA atletiek prestasie deur Hoërskool Kathu atleet
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Gregory Julie met ’n uitstaande prestasie op die atletiekbaan! Gregory het hom uitstekend van sy taak gekwyt tydens die SASA-byeenkoms en is tans 6de in Suid-Afrika vir skole-atletiek in die 400m Hekkies vir seuns o.19. Hierdie indrukwekkende prestasie getuig van sy harde werk, deursettingsvermoë, dissipline en toewyding tot sy sport.
Om onder die top atlete in die land gereken te word, is ’n besondere eer en ’n bewys van Gregory se talent en vasberadenheid. Hy het nie net homself uitstekend verteenwoordig nie, maar ook Hoërskool Kathu met trots op die nasionale verhoog laat uitblink. Hoërskool Kathu is ongelooflik trots op Gregory se prestasie en wens hom alle sterkte toe met sy toekomstige atletiekdoelwitte. Mag hierdie prestasie die begin wees van nog vele hoogtepunte op sy sportreis!











