AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Dalweide Primêr spog met Nasionale Onderwysster

  • Helderberg International School learner attends Creatures & Creators

  • Hoërskool Stellenbosch koor het ’n uitmuntende tweede plek behaal

  • Congratulations to Table View High School Top Achievers of term 2

  • Helderberg International had a wonderful Family Evening


Hoërskool StellenbergNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape
Home›Regional News›Western Cape›Northern Suburbs›Hoërskool Stellenberg›Hoërskool Stellenberg Prysuitdeling

Hoërskool Stellenberg Prysuitdeling

By Karien Frans
24th November 2022
1567
0

ADVERTISEMENT


Share:

Hiermee Hoërskool Stellenberg se Prysuitdeling wenners. Baie geluk aan al die leerders wat so puik presteer het.

Hoofleiers vir 2023

Nina Adlem, Anya Botev, Charlotte Smuts, Rheeder Brand

Besonderse Prestasie in Visuele Kuns/Ontwerp

Kayla Swart

Hoogste Toekennings

A floating trophy and a medal are awarded to those learners who achieved Highest Honour in several fields. 

Veelsydigheid :                                        

Anneri is ’n hardwerkende, betroubare, talentvolle en vriendelike jongdame – wat op alle terreine deurentyd haar beste lewer. Haar prestasies gedurende die afgelope jaar is soos volg:

Kultuur:

  • Sy is lid van die SMK.
  • Debat: Sy verwerf 2 keer WP-Kleure vir Debat: vir die Nasionale ATKV-Debatkompetisie, asook vir die Nasionale Con Spirito-Debatkompetisie, waar sy en haar spanmaat, Dian Rossouw, agtste in die land geëindig het.

Sport:

  • Sy verwerf WP-Kleure in Netbal.
  • Sy is lid van die MTBS-Atletiekspan, en is verkies as atletiekkapteine vir 2022/2023.

Akademie:

  • Anneri het hierdie jaar,elke kwartaal, ’n gemiddeld bo 85% behaal en het nog elke jaar akademiese erekleure verwerf.

Leierskap:

  • Sy is lid van die Studenteraad (weereens verkies), en ook ‘n CROSS-leier. Anneri se veelsydigheid spreek dus vanself, en sy is ‘n waardige wenner van hierdie toekenning.

Anneri Swart

Kulturele Bydrae (Dogter):  Lisa Louw

Lisa is talentvol en hardwerkend, en het op verskeie kulturele gebiede uitstekend presteer. Hier volg ‘n lys van haar prestasies hierdie jaar!

Debat:  Sy verdien WP-Kleure as streekswenner in die ATKV-Debatkompetisie; en neem deel aan die Nasionale Finaal, waar sy en haar spanmaat (Anchen Truter) hulle semi-finale debat wen.

Redenaars:  In die Radikale Redenaarskompetisie is sy eerste in die Wes-Kaap en haal die TOP 10 Finaal.  By die Con Spirito Redenaarskompetisie is Lisa die aanlyn provinsiale wenner, en kwalifiseer om aan die Nasionale Finaal deel te neem. In die Podiumpret Redenaarskompetisie dring sy deur na die nasionale finaal in Oktober.

Public Speaking: Lisa took part in the Con Spirito Public Speaking Competition, and has qualified to participate in the National Finals in October.

Drama: Sy is die Nasionale wenner vir voorbereide gedigte in die FORTE-dramakompetisie. By die Con Spirito Nasionale Dramakompetisie is Lisa die provinsiale wenner in onvoorbereide lees

Tygerberg Eisteddfod: Sy is die kategoriewenner vir Onvoorbereide Lees, en behaal Hoogste Lof in 4 afdelings. Sy is voorwaar ‘n waardige wenner van hierdie toekenning.

Lisa Louw

Kulturele Bydrae (Seun) :   Dian Rossouw

Hy is ‘n hardwerkende, betroubare debatteerder, wat die skool hierdie jaar by ses kompetisies verteenwoordig. Hy kwalifiseer dan ook hierdie jaar twee keer vir Debat WP-Kleure – vir die Nasionale ATKV-Debatkompetisie en vir die Con Spirito Nasionale Debatkompetisie. By die SA-Finaal van die Con Spirito Debatkompetisie het hy en sy spanmaat, Anneri Smit, die agtste plek landswyd behaal.

Dian Rossouw

Kultuurspan van die jaar:   SMK – (Marné de Wet ontvang)

Die Stellenberg Meisiekoor neem hierdie jaar aan die Tygerberg Eisteddfod en die ATKV Applous deel.  Tydens die ATKV landswye finaal word hulle as die beste Meisiekoor in die prestige afdelig aangwys met ‘n gemiddelde punt wat hoër is as wat enige ander koor behaal.  Hulle ontvang ook die toekenning vir die beste uitvoering van ‘n Afrikaanse Koorwerk.  The represented Stellenberg at a few occasions, including a choral festival in May held in the City Hall.  We are super proud of our Stellies Angels and, their excellent achievements this year wins them the Kultuurspan van die Jaar toekenning.

 

Marné de Wet

 Sport 

Sportmanskap: Dogter :   Olivia Dreyer

Olivia speel al 3 jaar in ons skool se eerste netbalspan. Sy is ook die eerste span se netbalonderkaptein. Olivia was in die o.14B-span toe sy by Stellenberg aangekom het. Met haar harde werk het sy haarself opgewerk tot by die o.15A-span en daarna, die eerste span. Olivia het ook WP-kleure vanaf o.15 tot o.19 verwerf, Kovid-jare uitgesluit. Olivia motiveer altyd haar spanmaats met haar goeie gesondheid. Sy het hierdie jaar ook die o.18 SA-skole oefengroep gehaal. Haar akademie is ook net so spoggerig soos haar netbal. Olivia se mooi ingesteldheid en ongelooflik toewyding is juis die rede hoekom sy ‘n Stellenberg-ambassadeur is. Welgedaan!

Olivia Dreyer

Sportmanskap : Seun :  Damian Markus

Damian is ‘n uiters begaafde sportman wat vir Stellenberg se 0.19A -rugbyspan, uithaler vertonings gelewer het. Hy het ‘n besondere volwasse benadering tot sy rugby en is gewis gedissiplineerd en hardwerkend.  Hy gee te alle tye nooit minder as sy beste nie.

Ten spyte van sy prestasies (hy druk 15 drieë in 18 wedstryde) bly hy altyd nederig en ‘n voorbeeld van sportmanskap. Hy is ‘n ware ambassadeur van die Hoërskool Stellenberg. Hy is altyd bereid om sy kennis met sy spanmaats te deel en hy is ALTYD lojaal teenoor sy skool. Damian oorkom vele struikelblokke en hierdie gewilde seun gaan baie deur Stellenberg gemis word, op en van die veld af!

Damian Markus

Veelsydigste Sportvrou:  Karu van der Vyver

Karu speel al 3 jaar in ons skool se eerste netbalspan. Sy is ook die eerste span se netbalkapteine. Karu is ‘n speler wat met haar voorbeeld lei en voorloop. Sy is by elke oefensessie en gee haar alles vir haar span: in goeie en slegte tye. Karu is hierdie jaar in die SA o.18-oefengroep opgeneem. Behalwe vir die Covid-jare, het Karu elke jaar provinsiale kleure in netbal verwerf.

Karu is nie net ‘n kranige netbalspeler nie, maar het hierdie jaar ook ons MTBS-atletiekspan verteenwoordig. In gewigstoot het sy ‘n goue medalje ontvang. Sy het ook Noord-zone gehaal en WP-kleure in gewigstoot verwerf. Karu is ’n ware sportvrou wat baie hardwerkend is.

Karu van der Vyver

Veelsydigste Sportman :   Marco Ferreira

Marco (spreek in Engels uit) was in 2022 lid van die MTBS-span as spiesgooiatleet en word vir die WP-atletiekspan gekies.

  • Hy speel in die 0.19A-en B-rugbyspanne en word ook vir die WP 0.18 Akademie XV gekies.
  • Marco het ook vir die 0.19A-en B-krieketspanne gespeel en sy skool trots verteenwoordig.

Marco Ferreira

Sportswoman of the year :   Tara Uys

Vanjaar se toekenning vir Sportvrou van die Jaar gaan aan TARA UYS. In die afgelope paar jare het Tara baie in haar sport gegroei: tydens oefeninge en in haar kompetisiedeelname. Met die ondersteuning van familie, medeswemmers en haar afrigter glo sy in haar vermoë om ‘n topswemmer te wees.

  • ‘n Olimpiese goue medaljewenner het die volgende gesê: “Sport not only builds better athletes, but also a better character.”
  • Tara is eerlik en opreg, lojaal, verantwoordelik en volhardend –  ‘n ware staatmaker in enige span. As jongdame skep sy vir haarself ideale wat sy grasieus met harde werk en gedrewendheid realiseer.

Die volgende is enkele van die hoogtepunte uit die 2022-swemseisoen:

  • Wes-Kaap Swemkampioenskappe – sy behaal ‘n 4de plek in die ope afdeling vir vroue
  • Suid-Afrikaanse Nasionale Junior Swemkampioenskappe – 1 goue medalje (50m rugslag) en 2 silwer medaljes (100m & 200m rugslag)
  • SA-Skole Swemkampioenskappe – 3 silwer medaljes (50m, 100m & 200m rugslag)

Aan die einde van die 2022-swemseisoen verskyn Tara se naam in die volgende posisies op die SA-ranglys:

  • 3de plek (50m rugslag)
  • 5de plek (100m rugslag)
  • 7de plek (200m rugslag)

Baie geluk met hierdie pragprestasies, Tara, en ons wens jou ‘n goeie swemseisoen in die water toe!

Tara Uys

Sportman Van Die Jaar :   Aiden Müller

Aiden speel vir die 0.19A-rugbyspan en was ook kaptein van die hierdie uitmuntende span. Aiden is vanjaar ook as skrumskakel vir die WP-Cravenweekspan gekies. Hy beleef ‘n uitstekende toernooi en druk ‘n puik individuele drie.  Hy is ook instrumenteel in talle van sy spanmaats se drieë.

Tydens toernooie soos Noord-Suid en Wildklawer duik sy naam telkens op in die spanne van die toernooie wat joernaliste na afloop van die toernooie kies. Sy uitstekende seisoen word beloon toe hy verkies word tot die SA 0.18-span.  Hy speel in 2 toetse teen Frankryk en Engeland.

  • Aiden het ‘n kontrak ondeteken om in 2023 by die Leeus aan te sluit!
  • Hierdie uiters hardwerkende jongman se werksetiek was iets om te aanskou!
  • Die gesegde “hard work beats talent everytime” is beslis op Aiden van toepassing!
  • ‘n Rolmodel vir sy afrigters, spanmaats, medeleerders, ouers en onderwysers!

Aiden Müller

Akademiese Volharding :  Merwe De Vries

Merwe is in 2019 met Tranverse Myalitus gediagnoseer. Dit is ‘n virus wat die senuweestelsel aanval en Merwe is skielik hierdeur verlam. Na ‘n week in die intensiewe-sorgeenheid, moes hy 12 weke in ‘n rehabilitasiesentrum deurbring waar hy weer moes leer funksioneer. Merwe was in ‘n rolstol en kon nie skool bywoon nie. Hy was toe, slegs in Graad 9.

Ten spyte van die onsekerheid wat hy moes ervaar en die moeilike omstandighede waarin hy homself bevind het, het Merwe sy akademie bygehou en soveel as moontlik skoolaktiwiteite in sy rolstoel bygewoon. Hy was vasberade om ‘normaal’ te funksioneer. Met baie harde werk en deursettingsvermoë is Merwe nou in Graad 12 en kan hy op sy eie stap en selfs die skool se baie stelle trappe uitklim. Hy gaan in 2023 B.Rekeningkunde studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Merwe is vir ons ‘n groot inspirasie en ‘n voorbeeld van wat gedoen kan word wanneer mens ‘n doelwit stel en alles insit om dit te bereik.

Merwe De Vries

Olimpiades :  Thomas Claassens

Thomas Claassens is the winner of the UJ Finance and Investment Management Olympiad. Thomas was also the winner of this Olympiad in 2021.

Thomas Claassens

Beste Junior Sportprestasie Van Die Jaar (Dogters):        

Ilke van der Merwe

  • As junior het sy ‘n Eerste span in twee sportsoorte behaal. Asook WP-klere in beide sportsoorte.
  • Tennis: Eerste span nr. 3, WP 0.15 A nr. 5
  • Hokkie: Prem-span, WP 0.16 B

Ilke van der Merwe

Beste Junior Sportprestasie van die jaar (seuns): 

Joshua Esterhuysen

Hierdie jaar se toekenning vir die Beste Junior Sportprestasie gaan aan ‘n swemmer, Joshua Esterhuysen. Joshua is ‘n talentvolle jongman wat vir hom ideale skep wat hy met gedrewenheid, harde werk en ‘n positiewe ingesteldheid najaag.

Joshua kwalifiseer om aan die SA Nasionale Junior Swemkampioenskappe deel te neem waar hy 2 brons medaljes wen: 50m-vryslag en 100m-vryslag; ook verteenwoordig hy die Cape Town Aquatics Inter District Team tydens die Eden-interprovinsiale Prestige Gala. Hier wen hy 3 goue medaljes, een silwer en ‘n brons medalje. Tydens die Wes-Kaap Swemkampioenskappe verower Joshua ‘n medalje in die 50m-vryslag.

Aan die einde van die 2022 swemseisoen verskyn Joshua se naam in die volgende posisies op die SA ranglys:

  • Drie 3de plekke (50m- & 100m- Vryslag; 100m-Vlinderslag)
  • Twee 4de plekke (200m- Vryslag & 200m-Vlinderslag)
  • Een 5de plek (200m-Individuele wisselslag)
  • Een 6de plek (100m-Rugslag)
  • Een 7de, een 8ste & een 10de plek

Ons glo daar wag ‘n blink toekoms op hierdie talentvolle swemmer – baie geluk, Joshua!

Joshua Esterhuysen

Grade Positions

The following awards are made to the learner who achieved the second and third class position calculated as an average for the year

  • 3.Milané Odendaal (93.8%)
  • 2.Hanrike De Bruyne (94.1%)

 

1.Senior Dux: Mia Smuts (95.5%)

Hoërskool Stellenberg se Dux-leerder van 2022 is: Mia Smuts 

Mia het met harde werk en toewyding, uitstekende akademiese resultate gehandhaaf. Sy het gedurende hierdie jaar nooit fokus verloor nie en ‘n gemiddeld van 95,5% behaal. Haar eie akademiese kompas was altyd op sukses gerig. Vandag pluk sy die vrugte van doelgerigte en pligsgetroue beplanning.

Sy is ‘n harde werker en stel uiters hoë standaarde en eise aan haarself. Sy was klasleier vanaf 2020 tot 2022; het aan verskeie Olimpiades deelgeneem asook tennis en netbal vir die skool gespeel. Mia bly, ongeag hierdie wonderlike prestasies, altyd nederig. Haar onberispelike gedrag en voorkoms het ‘n mens elke dag opgeval. Sy is ‘n ware rolmodel vir haar mede-Stellies en versinnebeeld Stellie-gees.

Mia gaan volgende jaar haar studies aan die Universiteit Stellenbosch voortsit waar sy haarself as dokter sal bekwaam. Hoërskool Stellenberg is baie trots op haar en wens haar ‘n voorspoedige en suksesvolle toekoms toe.

Mia Smuts

Spesiale Toekennings (Skoolhoof se toekennings) Kriteria:  Volharding; vordering; diens; leierskap; besondere bydrae en/of prestasie op sportgebied binne/buite skoolverband.

Jacob Claassens

Jacob was reeds sedert sy graad 8 jaar ‘n lid van die klank- en beligtingspan.  Hy het homself baie vinnig onderskei as iemand wat jy ten volle kan vertrou om sy deel te doen.  In sy senior skoolfase was Jacob dikwels die spil waarom die sukses van musiekkonserte, ouervergaderings, talentkompetisies en ander geleenthede gewentel het.  Sy koel en kalm voorvat-houding, leierskap, tegniese kennis en vermoë om onder druk logies te dink en te reageer, het van hom ‘n onmisbare skakel in die Tegniese Span gemaak.  Nothing was ever too much to ask.  Jacob took initiative whenever needed. He planned well and would deal with matters before anybody was even aware of these.  For the selfless hours you have spent behind the sound and lighting desk over the past 5 years to make things work, we will forever be grateful, Jacob.

Jacob Claassens

Juan Boshoff

Juan Boshoff is a young man that has achieved great hights because he knows the true value of teamwork.” Sometimes, one needs to be quiet to make a loud noise.” These words perfectly describe Juan’s character. He is the type of learner and sportsman who leads by example.

Juan is one of the most decent, kind and well-mannered people you will ever meet! His loyalty to a team and his strong identification and representation of his school, club and province has been an important part in building his team for his school, club and province.  He has represented Stellenberg High School in swimming, where he achieved provincial colours (schools and club level) and as an athlete. Juan is an inspiration to his team members, coaches, parents and the opposition. With his calm personality and exemplary manners Juan is always willing to do the unglamorous grunt work with a smile on his face. He is a sincere, honest, loyal, dependable and a compassionate person. His teachers and fellow learners have respect for his strong character, optimism and unwavering set of values,which he lives by.

Juan’s performances in the last season have seen him medal at several Championships:

  • Western Cape Long Course Championships – 3 gold, 1 silver & 2 bronze
  • A League Schools Final – 2 gold & 3 bronze
  • SA Senior National Championship – no age groups, two 6th places, competing against Commonwealth swimmers
  • SA Schools Championships – 5 gold medals

Juan’s SA rankings at the end of the 2022 season:

  • 1st in SA 1 event (400m IM)
  • 3rd in SA in 2 events (200m Back & 200m IM)
  • 5th in 2 events (100m Back & 50m Back)
  • 6th in 1 event (200m Breast)
  • 7th in 1 event (10m Breast)
  • 10th in 1 event (100m Fly)

He was also appointed captain of the Western Cape Swimming Team and was an inspiration to his teammates with his positive attitude, his leadership qualities and his fighting spirit. He has reached the crown of sporting achievements through hard work and many hours dedicated to swimming. Congratulations, Juan, on your outstanding achievements. We salute Juan as a true ambassador to Stellenberg High School!

Juan Boshoff

TagsPrysuitdeling
Previous Article

Augsburg Landbougimnasium se nuwe sportorganiseerder

Next Article

Laerskool Eduplex graad 1 leerders spog met ...

Share:

Related articles More from author

  • HighveldLigbron Academy of TechnologyMpumalangaRegional News

    Ligbron Akademie vir Tegnologie Graad 12 Prysuitdeling en Kersdoofseremonie

    27th November 2023
    By Karien Frans
  • Regional News

    Laerskool Grens Prysuitdeling 2023

    7th December 2023
    By Andreneza Damonse
  • BolandHoër Landbouskool BolandRegional NewsWestern Cape

    Hoër Landbouskool Boland prysuitdeling 2023

    6th December 2023
    By Karien Frans
  • HelderbergHoërskool StrandRegional NewsWestern Cape

    Hoërskool Strand Prysuitdeling 2023

    7th December 2023
    By Andreneza Damonse
  • HTS Tom NaudèLimpopoRegional News

    HTS Tom Naudé Prysuitdeling 2023

    12th December 2023
    By Karien Frans
  • Breede ValleyRegional NewsWestern CapeWorcester Gimnasium

    Worcester Gimnasium prysuitdeling wenners

    14th November 2024
    By Karien Frans

  • Gauteng PretoriaLaerskool WitpoortPTA EastRegional News

    Laerskool Witpoort se kernliga ruiters neem deel aan hul tweede byeenkoms

  • HighveldHoërskool ErmeloMpumalangaRegional News

    Vier Hoërskool Ermelo-debatspanne deur na Con Spirito Semifinaal

  • East RandGauteng JohannesburgRegional NewsSt Dominic's Catholic School for Girls Boksburg

    St Dominic’s Boksburg Equestrian riders achievements

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us