Hoërskool Strand Prysuitdeling 2023
ADVERTISEMENT
Die matriekklas van Hoërskool Strand 2023 se Akademiese Prysuitdeling het Vrydag saam met die matrieks se uitstapdag plaasgevind. By dié geleentheid is vakpryse, merietepryse asook erekleure vir akademie toegeken.
- Josua Bezuidenhout was in die algehele derde plek met 87%
- Carla Haughton met 91,43% in die tweede klasposisie was
- Carla Punt het die gehoor verbyster met haar gemiddeld van 96% wat haar die wenner maak van die Hottentots Holland Koöp-beker vir die Beste Werk in gr. 12.
Josua Bezuidenhout is vanjaar aangewys as die Leerder van die Jaar en Carla Punt was in die tweede plek.
Sport Toekenings:
- Micheala Jackson – Hetic Biltong Trofee vir sportvrou van die Jaar
- Caydi Fortuin – Thom Potgieter-beker vir sportvrou van die Jaar (Spansport)
- Christiaan de Jager -John Jennings – beker vir sportmanskap (veelsydigheid Gr 12-seun)
- Gino Cupido – Tonie Potgieter-beker vir sportman van ndie Jaar (Spansport)
- Francois Pietersen – Morkel-beker vir sportman van die Jaar (individuele sport)
- Karla de Jager – Ster toekening vir beste preatasie in ‘n Buitesport



















