Hooper het Laerskool Bellville-Noord besoek
ADVERTISEMENT
Dinsdag, 6 Augustus, het Hooper Laerskool Bellville-Noord besoek met ‘n baie positiewe boodskap en aanmoediging om altyd “die regte ding” te doen en korrek op te tree. Die kinders en personeel het by tye lekker hard saam gesing en sy energieke optrede terdeë geniet.

Hooper is hier saam met ‘n groepie wat hom kom groet het na afloop van sy optrede.

Hier is al ons talentvolle leerlinge wat vanjaar by die Tygerbergse Eisteddfod opgetree het saam met die talentvolle Hooper.









