Hoërskool Zwartkop-musiek word beloon
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop-musiek word beloon! Hoërskool Zwartkop is trots op die musiekleerders wat puik prestasies tydens die Unisa-musiekteorie ontvang het. 6 Zwarries behaal 80 – 84%, 2 Zwarries behaal 85 – 89%, 5 Zwarries het 90 – 94% behaal en nog 15 Zwarries het 95 – 100% behaal. 2 Zwarries het ‘n merkwaardige 100% gekry! 28 leerders het ingeskryf om aan die Unisa-musiekteorie deel te neem waarvan die groepgemiddeld 92,3% is.
Die leerders wat elk bo 85 tot 95% behaal het, is as volg: Dané Snygans 86%, Shianel Maritz 88%, Chanté du Plessis 90%, Juan-Pierre Kloppers 91%, Rico Joubert 93%, Mieke Malan 93%, Summer Schoeman 94%, Milan Dry 95%, Andrea Tselepis 95% en Carel van der Merwe 95%. Die leerders wat elk bo 95 tot 100% behaal het, is as volg: Taylor Barry 96%, Danika Joubert 96%, Mandrie Rautenbach 97%, Sibabalwe Twenty 97%, Corlize Steyn 97%, Annabelle Theron 98%, Warren Eybers 98%, Joshua Heinemann 99%, Karlien van der Merwe 100% en Delynda Koekemoer 100%.










