Eduplex leerder stap weg as kategorie-wenner
ADVERTISEMENT
Eduplex leerder stap weg as kategorie-wenner! Jonathan Coetzee, ’n gr. 10-leerder aan Eduplex Hoërskool, het sy ouderdomskategorie gewen tydens die Nasionale Victoria Bennett kompetisie. Hierdie geleentheid was voorheen bekend as die Philip Moore kompetisie en slegs die top-musikante in die land maak dit selfs deur na die eerste rondte. Musikante kompeteer nie volgens hul instrument-groepering nie. ‘n Leerder moet dus werklik die beste uitvoerende musikant wees om hierdie prys te wen. Hulle word beoordeel deur spesialiste in verskillende velde. Hierdie jaar het die paneel bestaan uit kenners soos Prof Waldo Weyer, Prof Tinus Botha, Malané Hofmeyer-Burger, Ashan Peiris, Wessel van Wyk en Carel Henn. Hierdie kompetisie word ook internasionaal erken. Jonathan is op 17 Augustus aangewys as die eerste plek wenner van die o.16 kategorie vir sy spel op die klassieke kitaar.
![]()










