Laerskool Aliwal-Noord Musiek Eksamen
ADVERTISEMENT
Sewe van Laerskool Aliwal-Noord se leerlinge het gedurende September aan die Unisa Praktiese eksamen deelgeneem. Hierdie leerlinge ontvang almal hul musieklesse by Me. Samantha King en hulle het hul praktiese eksamen op 5 September in Burgersdorp afgelê.
Uitslae was as volg:
- Kara de Wet (94%)
- Janroux Hattingh (84%)
- Meah Bothma (90%)
Bogenoemde drie leerlinge slaag almal met LOF en Kara en Meah behaal ook die besonderse prestasie om op UNISA se ererol te verskyn. Dit besorg aan hierdie twee dogters vol ere-kleure vir Musiek.
Die volgende leerlinge het ook goeie uitslae en slaag almal hul eksamen met Eervolle Vermelding. Dit is vir punte bo 70%.
- Lia Lubbe
- Annika de Wet
- Nerina Vorster
Baie Geluk aan elkeen van hierdie leerlinge. Jul harde werk en ure se toewyding het beslis vrugte afgewerp.
Meah Bothma
Kara de Wet










