Gereformeerde Skool Dirk Postma derde in Gauteng-glasherwinningskompetisie
ADVERTISEMENT
Gereformeerde Skool Dirk Postma het derde plek behaal in die jaarlikse glasherwinningskompetisie van The Glass Recycling Company. Die kompetisie behels dat leerders deur die loop van elke jaar enige afval-glas in herwinningshouers op die skoolterrein stort. Me. Palesa Makane het prysgeld ter waarde van R10 000 aan die skool oorhandig. Die skool se deelname aan die kompetisie bevestig hulle verantwoordbaarheid teenoor die bewaring van die omgewing.











