Alumni keer terug om hul onderwys droom by Laerskool Bellville-Noord uit te leef
ADVERTISEMENT
Hierdie groepie studente doen hul praktiese ervaring op by Laerskool Bellville-Noord tydens die derde kwartaal. Twee van vanjaar se studente is alumni en dis werklik ‘n voorreg om hul terug te verwelkom.
Bellville-Noord skroom nie om onderwysstudente geleentheid te gee om praktiese ervaring op te doen nie. Hul word vir die volle tyd by ons as ware onderwysers gesien en kry werklik geleentheid om op vele fasette wonderlike ervaring in onderwys op te doen.Ons deure staan oop vir onderwysstudente vanaf onderwyskolleges sowel as universiteite.












