Predikante ontbyt by Gereformeerde Skool Dirk Postma gehou
ADVERTISEMENT
Elke jaar gaan kuier die Moot se Gereformeerde Kerke- predikante by Gereformeerde Skool Dirk Postma. Vanjaar se predikante-ontbyt het op 6 Maart plaasgevind. Hulle geniet ‘n lekker ontbyt saam, gesels oor gemeenskaplike sake, waarna die kinders vir hulle ‘n paar mooi Psalms sing. Die predikante sing dan ook die kinders die seën uit Psalm 134 toe. Hulle maak ‘n draai in die klasse en sien sommer waar hul gemeentes se skapies skoolgaan. Altyd ‘n hoogtepunt op Dirk Postma se kalender!











