Skitterende prestasie vir Afrikaanse Hoër Meisieskool se stoeier
ADVERTISEMENT
Skitterende prestasie vir Lashay Brewis van Afrikaanse Hoër Meisieskool by die Nasionale Kampioenskappe. Lashay Brewis, ’n graad 9-leerder, het Suid-Afrika met groot onderskeiding verteenwoordig tydens haar onlangse deelname aan die nasionale stoeikampioenskappe. Sy het in die o/17-vroue-afdeling (53 kg-klas) gewys van watter stoffasie sy gemaak is deur ’n indrukwekkende vierde plek te behaal. Lashay het ook haar veelsydigheid op die sand bewys en ’n uitstekende vyfde plek in die o/17-strandstoei (55 kg-klas) verower.











